Sunday, June 27, 2010

Skatte

'n Verskriklike swaar (3769g) versamelde werke van sir Arthur Conan Doyle (geillustreerd), Beethoven en Chopin musiekboeke (net so swaar), SA vlag, blou laslappierokkie, wat ek nou al vir twee jaar in my maat probeer kry, Crocs baletskoentjies, 'n elektriese skeermes vir Rods, (iewers verstop) Japanese kookboek, twee Mortal Combat dvds (goeie akteurs... jy kan sien hoe hulle act) Dilbert boekie, bat flower wortelstok, twee kruidjie-roer-my-nies (nie op die foto nie) en nog 'n paar odds en ends. Vandag was 'n koop-feesdag en ons het tot die gevolgtrekking gekom dat Amsterdam duur is. Nie duur in die sin dat die individuele items duur is nie... net geweldig swaar op ons sakke. Was wel die moeite werd.

Amsterdam op 'n somersdag

'n Opsie vir volgende jaar se fantasy fair

Bonzai teen meer as 200 euro

uhm.... dis die helder, warm ding daar bo in die lug?

Kyk die grootte van die boek. Dis nie 'n koffietafel boek nie - dis 'n koffietafel so op sy eie

We all need this one

Ek wil weet vir watter geleentheid dit ok sal wees om enige van die gewade te dra.

Betty Boop et al

Calling spades spades


Amsterdam se straatjie

Tjoeke tjoeke paf tjoeke paf paf paf











Oppad Amsterdam toe.

Saturday, June 26, 2010

Roland


"The piano keys are black and white but they sound like a million colours in your mind..."
Katie Melua

Ons het vandag 'n klavier gekoop... wel 'n elektriese klavier. Hy word volgende week Vrydag eers afgelewer. (Besige week vir my so ek kan nie iewers 'n daggie afvat nie.) Dis wat ek 'n Ikea klavier noem. Mens kry hom as flat pack en moet hom self bou. Ek kan nie wag vir Vrydag nie...

Thursday, June 24, 2010

Koffie verkeerd by die nuwe winkeltjie




Snuisterye en fantastiese koffie buite by die ruwe tuintafel

Monday, June 21, 2010

Vreugde





"And if I can't hear the music and the audience is gone, I'll dance here on my own..."
- James Blunt


Watching the game on a teeny tiny tv

Thursday, June 17, 2010

Grafitti












As grafitti so lyk, gee ek nie om dat dit die stegies van die binnestad versier nie.

Nep vuvuzela


Hy blaas makliker as die meer tradisionele vorm.

Sunday, June 13, 2010

Geheimenisse en beloftes

Gister se prag





Skoonheid, so vertel die spreekwoord ons, vergaan, maar deug bly staan. Azaleas by Clingendael in die laaste dae van die lente. Iets aan die verganklikheid van dit wat asemrowend mooi was, het my vandag diep geraak. Want die mens woon in sy liggaam, maar hy het dit maar te huur... Circle of life. Circle of beauty.

Clingendael in middel Junie

Langoor


Heel vroulike eselin
Een van die asemrowende paadjies by Clingendael

Bruidspaartjie besig met hulle foto'
Mooi prinsessie-trourok van agter af

Rooi mapel-blare

Gewese skoonheid

Felle kontras van die bruggie teen die mos


Sirkelvormige venstertjie in die teelose Japanese tee-huisie

Glimlaggende takke

Trappies op na die Budha

Die budha met sy klip offerandes

Reuse sampioen

Daar is 'n defnitiewe nadeel daarin om die foon se kamera ipv die regte een te gebruik. Skerper beelde is die eerste verloorder. Maar dit is ook lekker om 'n handsakgrootte foon byderhand te hou.