Sunday, June 27, 2010

Skatte

'n Verskriklike swaar (3769g) versamelde werke van sir Arthur Conan Doyle (geillustreerd), Beethoven en Chopin musiekboeke (net so swaar), SA vlag, blou laslappierokkie, wat ek nou al vir twee jaar in my maat probeer kry, Crocs baletskoentjies, 'n elektriese skeermes vir Rods, (iewers verstop) Japanese kookboek, twee Mortal Combat dvds (goeie akteurs... jy kan sien hoe hulle act) Dilbert boekie, bat flower wortelstok, twee kruidjie-roer-my-nies (nie op die foto nie) en nog 'n paar odds en ends. Vandag was 'n koop-feesdag en ons het tot die gevolgtrekking gekom dat Amsterdam duur is. Nie duur in die sin dat die individuele items duur is nie... net geweldig swaar op ons sakke. Was wel die moeite werd.

No comments:

Post a Comment