Sunday, June 13, 2010

Hello Betty




Ek dink ek is redelik vol. Laat ek verduidelik. In my woon 'n sensible volwasse vrou wat - hoop ek - gewoonlik in beheer is. Ook iewers binne my is 'n maer meisie wat huil om uit te kom. Haar moet ek normaalweg met 'n koekie stilmaak. Dan is daar die dogtertjie. Die een wat na pienk kyk en haarself as 'n prinsessie sien. Ek dink dit is sy wat my die Betty Boop (of synde dit 'n bra is seker Betty Boob) laat koop het. Die Hello Kitty is net om my vriendin jaloers te maak. En oor dit katoen is en lekker dra. En oor dit swart straps het. En eintlik maar net oor die dogtertjie in my eintlik daarvan hou...

No comments:

Post a Comment