Saturday, June 5, 2010

Segbroek Straatfestival 2010









Vandag was die jaarlikse straat festival in ons buurt. Beide Fahrenheitstraat en Thompsom is heeltemal geslote vir verkeer en mense is weke gelede al gewaarsku om hulle karre te verwyder. Daar word musiek gemaak, gedans, op mallemeules gery, warme beenham en chiro's verslind. Mense probeer alles onder die son aan jou verkwansel en kry dit soms reg ook. Dit is 'n lieflike dag buite. 23 grade. Windloos. Seker die karnavaldanseresse was bly oor die mooie weer. Ons het dieselfde groep 'n week gelede by die mark raakgeloop, maar dit was so ontsettend druk daar ons kon nie foto's neem nie. Vandag het ek hulle gepaparazzi.

Ek het vanoggend 'n ding van my nuwe iPhone geleer. Om foto's te meem moet mens die die groot knoppie met die vierkantjie op druk nie... Ek het die mooiste foto's opgeline en was seker hulle is geneem - net om by die huis te kom uitvind al wat op my foon is, is gister se foto van 'n muur in Delft. You live, you learn. At any rate, you live.

No comments:

Post a Comment