Monday, November 29, 2010

Begin van die winter



Die kanale begin-begin vries. Vandag ons eerste ordentlike sneeu gehad.



Die afbakening tussen weilande gebeur deur net eenvoudig 'n sloot te grawe. Gelukkig word die vee in die wintermaande binnegehou - anders kon hulle net oor die ys heen loop.

Sneeudag

Snert :) Sinoniem vir ertjiesop - hoewel, as ek so na die kleur kyk...

'n Half-verkluimde Amos
en 'n goed gepansterde Nelle. Die vlegseltjies is opsetlik, want dan pas die hoed nog op my kop.

Uitsig vannaand bo uit die woonstel uit. Die voorste kar staan duidelik nog nie so lank daar nie en het 'n warm enjin gehad.

En die buurman het nou net kom parkeer. Ek is nuuskierig hoe dik die sneeu more oggend gaan wees.

Sunday, November 28, 2010

Loot



Daar was 'n rommelmark binne die LUMC ten bate van oudere ouderen in derdewereld lande. Toe giggel ons in die kantoor en werk 'n hele nuwe terminologie uit: Jongere jongeren is kinders, ons is oudere jongeren, ons ouers is jongere ouderen en oudere ouderen is dus al seniel.

Konsert in die LUMC


Dit was nogal mooi. Hulle het 'n kort konsert na werk gehad - 30 minute in totaal. Daar was twee soprane en 'n redelik begaafde pianis.


Ambisie

Tuesday, November 23, 2010

Sonop uit die trein uit



Mistige oggend. Daar is iets magies aan 'n sonsopkoms. En nou, met die son wat so laat wakker word, het ek meer dikwels die kans om dit te aanskou. Ek reken ek het baie meer sonsondergangs as sonopkomste gesien in my lewetjie. Seker oor ek die weg van die minste weerstand volg. Wat my aan 'n quote van nou-die-aand laat dink. Een van my pelle reken as mens altyd die weg van die minste weerstand gaan volg, gaan jy uiteindelik onder seevlak beland...soos in Holland nou byvoorbeeld.

Raaisel boom

Ons het die boom raakgeloop tydens ons lunch pouse by die AMC. Daar groei wortels bo uit die takke en uit die stam uit.

Die blare is lank - seker so 15cm - en veervormig vertak.

Die wortels is skub-agtig en draai om stam onderweg.

Wanneer 'n blaar gepluk word, kom daar 'n melkerige vloeistof uit.

So.... Wat is dit?

...And all things nice


Fun on ice





My foon is nie 'n regte kamera nie, so die foto's wat so on the go in die donker geneem is, is nie die beste kwaliteit nie. Maar boy oh boy, dit was fun! Ek gebruik so baie Engelse woorde in die blog; ek moes dit dalk maar in daardie taal gedoen het...Oh well :)

Saturday, November 13, 2010

The little prince


Eetstel vir 'n kindertjie. Die borde en beker is van glas gemaak, so ek reken dit is nie ideaal vir 'n babatjie nie. Maar pragtig.

Materiaal by die mark







Thursday, November 11, 2010

Ladies and Gentlemen


Calling spades spades

Daai tyd van die jaar


Dit is weer daai tyd van die jaar. Wanneer mens in die donker werk toe gaan, nou nog die sonsopkoms van die trein af kan sien, maar oor 'n maand dit van die werk self af sal moet gade slaan. Dit is 'n tyd vir warm kos, vir handskoene, serpe, reenjasse, bootsies, Sinterklaas, St Nicholas, St Martin (dit was vannaand - die kinders kom sing by die voordeur vir sweeties), vir oliebollen en ander gebak by die kraampie wat die tyd van die jaar sy opwagting voor Leiden se stasie maak. De donkere dagen van de Kerst. Dit is 'n tyd vir refleksie en vir introspeksie. Voorwaar de donkere dagen.

Hello there



Kyk net die oortjies.

Wiskunde probleme

Ben

Ben

Ben, the two of us need look no more
We both found what we were looking for
With a friend to call my own
I'll never be alone
And you, my friend, will see
You've got a friend in me
(you've got a friend in me)

Ben, you're always running here and there
You feel you're not wanted anywhere
If you ever look behind
And don't like what you find
There's one thing you should know
You've got a place to go
(you've got a place to go)

I used to say "I" and "me"
Now it's "us", now it's "we"
I used to say "I" and "me"
Now it's "us", now it's "we"
Ben, most people would turn you away
I don't listen to a word they say
They don't see you as I do
I wish they would try to
I'm sure they'd think again
If they had a friend like Ben
(a friend) Like Ben
(like Ben) Like Ben

Michael Jackson se liedjie. Ek het dit op universiteit met my pel Bennie geassosieer; a friend like Ben. Intussen vergeet daarvan tot vandag toe. My broer se jongste is vandag gebore. Sy naam is Benjamin - soos Josef van die Bybel se kleinboetie. Ragel se kind. Ben for short. "Now it's us; now it's we." Eintlik now it's them, now it's they, want ik ben leeg.

Sunday, November 7, 2010

Wanneer jy jou eie lirieke skryf


Wanneer my broer 'n regtig slegte liedjie hoor, dan se hy altyd Ek skryf my eie lirieke, jy weet... Ek skat daar is goed waarvoor geen mens sal betaal nie. So op dieselfde trant; ek sien die advertensie hier bo noem dat hulle tariewe redelik is...

Herfs stukkies

Vanoggend na 'n storm-naweek bo uit Thinus se woonstel uit. Meeste van die mooi geel blare het halfpad Duitsland toe gewaai.

Weer tyd vir jasse en serpe en lange laarse.

Teetyd


In my soektog na 'n rooi teepotjie het ek al op heelwat ander kleure wat ek nie wil he nie, afgekom. Die goud op sy eie is al skrikwekkend genoeg. Mens sou reken die verrassende pienk as binnekant, is net gewoon overkill.

Scones met room en aarbeie. Yum.



Rods se partytjie


Mede braaiersAsseblief asseblief laat dit Springbokkies word...

Score board van die pret
Rods met die keyboard van die nuwe Band Hero game.

Amos die sanger

T&R in 'n vrolike bui


Mark met die kitaar
Catherine as sangeres
Amos die drummer

Riaan is duidelik beter bekend met die instrumente as meeste van die ander.

My man word die 8ste 39. Om die laaste van sy dertigerjare te vier, het ons besluit om te braai. 'n Regte braai. Met boerewors, steak, paptert en braaibroodjies. Met aartappelslaai, mengelslaai en chips met pienk doopsous. En Suid-Afrikaners. En 'n Marrokaan, 'n Spanjaard, 'n Engelse Noorweegse en 'n token Dutch.

Vrydagaand 10uur het Rods met Catherine gesels. Sy was nog by die werk en goed gatvol. Hy nooi haar toe uit, vertel haar sy kan hier by ons kom rus. Kom afpak. Kom boerewors en paptert eet... Om 12uur toe reken Rods ons gaan dalk die plek so 'n bietjie moet opruim, want sy kom die volgende (tegnies seker dieselfde) dag oorbly...

Ek dink dit was vir hom die lekkerste verjaarsdag verrassing. Want wat is nou lekkerder as wanneer jou goeie vriende imprompto 'n kaartjie boek om jou verjaarsdag te kom vier? En wat is nou lekkerder as 'n lekker braai?