Sunday, November 7, 2010

Rods se partytjie


Mede braaiersAsseblief asseblief laat dit Springbokkies word...

Score board van die pret
Rods met die keyboard van die nuwe Band Hero game.

Amos die sanger

T&R in 'n vrolike bui


Mark met die kitaar
Catherine as sangeres
Amos die drummer

Riaan is duidelik beter bekend met die instrumente as meeste van die ander.

My man word die 8ste 39. Om die laaste van sy dertigerjare te vier, het ons besluit om te braai. 'n Regte braai. Met boerewors, steak, paptert en braaibroodjies. Met aartappelslaai, mengelslaai en chips met pienk doopsous. En Suid-Afrikaners. En 'n Marrokaan, 'n Spanjaard, 'n Engelse Noorweegse en 'n token Dutch.

Vrydagaand 10uur het Rods met Catherine gesels. Sy was nog by die werk en goed gatvol. Hy nooi haar toe uit, vertel haar sy kan hier by ons kom rus. Kom afpak. Kom boerewors en paptert eet... Om 12uur toe reken Rods ons gaan dalk die plek so 'n bietjie moet opruim, want sy kom die volgende (tegnies seker dieselfde) dag oorbly...

Ek dink dit was vir hom die lekkerste verjaarsdag verrassing. Want wat is nou lekkerder as wanneer jou goeie vriende imprompto 'n kaartjie boek om jou verjaarsdag te kom vier? En wat is nou lekkerder as 'n lekker braai?

No comments:

Post a Comment