Sunday, November 7, 2010

Suicide swan

Woensdag oppad Amsterdam toe, het die snaakste ding my oorgekom. Net buite Leiden, so half ses die aand, so dit was al donker, toe ry die trein al stadiger en gaan staan uiteindelik. Ek en Riaan giggel oor gyselaars en so aan, toe kom die afkondiging: "Dames en heren, wij hebben een zwaan op de spoor." Ons lag heerlik. Dink as dit SA was, het hulle net eenvoudig die wipers aangesit.

'n Paar minute later: "Dames en heren... Wij hebben de zwaan aanboord!" Met 'n verduideliking dat die swaan oor 'n paar minute iewers afgelaai gaan word. Op daardie stadium skater ons toe al van die lag.

Want imagine...

Waar is daardie swaan? Sit hy voor by die treindrywer? Is hy iewers in eerste klas aan die swart ry? Of is hy iewers in een van daardie oorvol vertrekkies reg by die deur met 'n groot swaar kondukteur wat op hom sit? Want daardie gediertes is nie vriendelik nie - en hulle is nie klein nie... Ek dink wie ook al die swaan in die eerste plek moes vang, hom moes oortuig om die trein te in en hom verder op die hart moes le om stil te staan en hom netjies te gedra, het sweerlikwaar begin hoop dat die swaan 'n ander manier van selfmoord sal oorweeg volgende keer.

No comments:

Post a Comment