Tuesday, November 23, 2010

Sonop uit die trein uit



Mistige oggend. Daar is iets magies aan 'n sonsopkoms. En nou, met die son wat so laat wakker word, het ek meer dikwels die kans om dit te aanskou. Ek reken ek het baie meer sonsondergangs as sonopkomste gesien in my lewetjie. Seker oor ek die weg van die minste weerstand volg. Wat my aan 'n quote van nou-die-aand laat dink. Een van my pelle reken as mens altyd die weg van die minste weerstand gaan volg, gaan jy uiteindelik onder seevlak beland...soos in Holland nou byvoorbeeld.

No comments:

Post a Comment