Thursday, November 11, 2010

Daai tyd van die jaar


Dit is weer daai tyd van die jaar. Wanneer mens in die donker werk toe gaan, nou nog die sonsopkoms van die trein af kan sien, maar oor 'n maand dit van die werk self af sal moet gade slaan. Dit is 'n tyd vir warm kos, vir handskoene, serpe, reenjasse, bootsies, Sinterklaas, St Nicholas, St Martin (dit was vannaand - die kinders kom sing by die voordeur vir sweeties), vir oliebollen en ander gebak by die kraampie wat die tyd van die jaar sy opwagting voor Leiden se stasie maak. De donkere dagen van de Kerst. Dit is 'n tyd vir refleksie en vir introspeksie. Voorwaar de donkere dagen.

No comments:

Post a Comment