Sunday, March 18, 2012

On track


Die fraaie travel mug het my in diep moeilikheid gehad. Dit was een van my vroeë oggende en ek was betyds klaar om nog 'n beker tee ook te maak voor ek by die huis uitgewarrel het. Ek en Laura het op die trem geklouter, ek is later by die stasie uit en in 'n trein in, het foto's geneem, tee gedrink en toe, net voor Leiden, besef ek my rugsak is weg.

Het ek dit op die trem vergeet?

Het ek dit tuis laat lê?

En toe kom 'n hele warboel vrae en dingetjes aan: Wat is alles daarin? Die antwoord daarop is 'n hele klomp belangrike en nogal private dinge. My gymklere en onderklere is die minste van my probleme. Maar daar is ook hangertjies, handskoene, my dagboek, my doktersvoorskrif, my gymrooster, doktersboekies vir beide my en Roderick, ens ens ens.

Die hele dag by die werk was ek tussen bekommerd en hoop, want ek het die oggend die beker in my hand gehad en as ek die tas van my rug sou afhaal, sou ek die beker vir Laura aangee, en dit het ek nie gedoen nie. Verder het ek mos iets in my hand gehad, so natuurlik sou ek my tas dan nie mis nie... Maar ek kon gewoon nie onthou nie.

Lekker verniet geworry natuurlik, want toe ek by die huis inloop, het ek amper getrip oor my tas, maar nou moet julle sien hoe kyk ek my tas stip aan wanneer ek by die voordeur uitloop.

No comments:

Post a Comment