Sunday, September 6, 2009

Mousse


Ek moes van beter geweet het as om te dink dat mousse mousse is. Te vinnig het ek vergeet dat daar 'n stadium was wat ek gedink het chocolate mousse ten minste 'n stertjie moes besit. Om dinge verder te kompliseer, het ek met my kort hare - en meer onlangs my wederhelf met sy langer hare - begin om die spessifieke haarproduk te gebruik. Dis minder smerig as gel en ander sas haarsproei, maak dit nie ook jou bo-arms klewerig nie. Wat natuurlik beteken dat hy gaan opraak - die mousse, nie my wederhelf of die haarpsroei nie. Ek kry toe eendag die botteltjie hier bo (oor hy op special is) en gister, die eerste dag wat ek dit gebruik, reken ek dat die bruin bronze mousse-kleur seker maar mens se grys hare bedek - soos die Kair produkte in SA mos maak. Mens kry produkte vir blonde, bruin en rooi hare. Bronze is 'n oulike naam vir donkerblond. Dink ek. My hare het bietjie toiingrig gehang, maar dit kon die wilde herfswinde se skuld ook wees.

Vanoggend kom Rods by die kamer ingelag. Die aanwysings is net in Frans en Italiaans, maar ons het mos vir google translate. Die naam het hom klaar vertel dat dit nie 'n haarproduk is nie. Ek het min erg in produkname, so die naam het my nie eens opgeval nie. Op die ou end het ons uitgefigure dat my kopvel nou mooi brons moet wees, maar dat ek nie hoef te worry nie. Die self-tan is streakless, dus behoort my kopvel egalig brons (of soos ek quick tans ken, gifappel-geel) te wees. Dit is darem 'n trosie vir die gekneusde ego.

Nog 'n troos is dat ek dit nie in my onkunde die week vir Ingrid aangebied het nie...

No comments:

Post a Comment