Saturday, January 30, 2010

Markdag

Ek is vandag gou mark toe vir odds and end. Toe ek uiteindelik op die trein klim, het ek vir Rods gebel en gevra dat hy my groot asb by die halte met die boodschappenwagentje sal inwag. Ek het nou nie die skaaltjie uitgehaal nie, maar my lysie het die volgende ingesluit:
  • 5m koningsblou taffeta
  • 5m wynrooi taffeta
  • 5m satyn
  • 2m van daardie goed wat mens vasstryk op krae en moue en goed om dit stywer te maak
  • 2kg piesangs
  • 4 groot mango's
  • 1 pak seldery
  • 10 eiers (Mr Monk sou tevrede wees dat dit nie 'n dosyn is nie)
  • 1 bos pietersielie (dit was darem lig)
  • 'n broccoli
  • 'n boks turksvye!!!! hier, in die middel van die winter in Nederland, sulke geles; kan jy nou meer
  • 800g salm (twee Groot stukke vars vis)
  • 2 avokado's
  • een van daai goedjies wat onder die prop in die bad inpas
  • een pond sampioene
  • 'n handvol charms (bedels)
  • drie tangetjies
  • en 'n Turkse brood
Ek sal vandag op die kalender as 'n suksesvolle dag reken.

No comments:

Post a Comment