Wednesday, August 19, 2009

Hoop

Ek weet Paulus het Geloof, Hoop en Liefde saam in 'n bak gegooi en Liefde as die wenner gekies. Dit moet vir Hoop ten minste 'n brons medalje verseker. Die ding is, ek en Hoop loop katvoet om mekaar. Want so angstig as wat ek aan hom vasklou en op hom steun, so tierend verwyt ek hom as dinge nie uitwerk soos ek dit reeds in my profetiese oog sien gebeur het nie. Ek voel elke keer verwerp en verraai as dinge nie uitwerk nie, verwoed - meestal teenoor my self. Dan onthou ek gesegdes soos Die enigste hoop vir jou is die ashoop...

Rods het Vrydag 'n werksonderhoud. Ek hoop hy kry die werk. Want die hoop beskaam mos nie.

1 comment:

  1. Jy is vandag weer erg poeties. Kom ons sĂȘ eerder digterlik voor iemand hom verspreek.

    ReplyDelete