Thursday, August 27, 2009

Vlissingen

Watter saint die draak doodgemaak het kan ek my nie herinner nie, maar hier is hy en die brons draak ernstig aan die baklei - en dit nogal in die NS-saal waar daar elke dag honderde treinreisigers verbystap. (Edit: St George)

Vlissingen is op die mond van die groot rivier wat Belgie en Nederland skei. Die stuk water was dis al die oorsaak heelwat onmin en meer as een skermutseling. Oor Vlissingen ook die bakermat van die Nederlandse vloot is, is dit met elke oorlog die eerste teiken. Waar in Middelburg nog 'n paar huise oorgebly het na WW2, is Vlissingen heeltemal platgebom. Die herboude huise is op die ou styl gebou.

Dit is hartseer as ek nie in Afrikaans, Engels of Nederlands die woord kan vind vir die hokke waarin hulle die skepe sit en dan die watervlak laat styg of daal om by die van die oseaan aan te pas nie. Maar hier is een van hulle. Droogdokke is blykbaar die regte Afr (en heel moontlik Nederlandse) woord. Lock of locke in Engels.

Mens moet boer met dit wat beskikbaar is. Koeie in die langgras, skape vir die korter wei en as daar niks anders is nie, dan boer mens maar met wind.

Kyk net hoe dapper die windkous daar wapper

Oor die so 'n belangrike strook land is, is die hele kuslyn nou nog vol, wat ek vermoed op die tydstip net ornamentele, kanonne.

Ek sien hy mik reguit oor die grens na die Belge

Die see gee nie altyd terug dit wat sy vir haarself neem nie

Die aresenaal

Jolly Roger van Vlissingen

Michiel de Ruyter wat onder andere 'n groep gelowige Hongaarse predikante in Napels moes gaan red na hulle daar agv hulle geloof tot galeislawe veroordeel is.

Van die oorspronklike stad het bitter min oorgebly na die tweede wereld oorlog, maar die herbouings het so na as moontlik aan die oorspronklike argitektuur gebly.

'n Nie-Somaliese seerower
Hierdie arme kerk! Na hy 'n paar eeue gestaan het, het hy en die helfte van Vlissingen in 1911 rond afgebrand. Dit was so net voor die eerste wereldoorlog. Die oorlog het hy darem oorleef, maar hy is in die tweede een platgevee. Die mense het hom oorgebou met dit van sy stene wat hulle kon vind en wou net op hulle louere rus toe die groot vloed in 1953 Nederland tref. Die kerk is 1.9m diep oorstroom. Na dit het hulle die vloer bietjie gelig sodat die watermerke nou so op 1.75m staan. Ek sou bietjie senuweeagtig wees om in daai gemeente te wees.

No comments:

Post a Comment