Saturday, August 7, 2010

Onderrok in een avond

Kwart voor 12. Die rok uiteindelik klaar. Hy het 'n vreemde geluid aan hom. So 'n swoesj klank asof daar koerant ipv materiaal gebruik is.

Hier het ek net 'n klein bietjie gecheat en 'n pre-made bra-band vasgestik ipv afsonderlike hakies

Om 10uur was die onderrok gedeelte klaar. Ek het 'n ekstra tulle-laag ingesit om die rok mooi styf te laat staan.

Om half sewe was die laaste van die pante asook die stroke sjampagnekleurige tulle uitgeknip.

Kwart voor ses het ek begin lap en patrone oopgooi

Gister by die werk het ek skielik geweet ek gaan nie vandag vir die castlefest my gifappel rokkie dra nie. Hy het in April net-net gepas. Ek is inderdaad 2kg swaarder en hoewel dit gewoonlik geen effek op klere het nie, het ek net die lus gehad vir iets anders. 'n Pof-wit romp onder die blou fantasy rok sal, wel, fantasties lyk...

Ek vertel toe vir Merel my plan om 'n uurtjie vroeg te loop en gou tulle by die mark te gaan haal. Sy reken toe dit is 'n goeie idee - so 'n goeie idee dat sy toe sommer saamkom. Ons is mark toe en het daar rondgedwaal. Daarna is ons stad toe om vir haar nog katoen by Shroder (met 'n umlaut op die o) te gaan soek en toe het ons 'n welverdiende koffietjie by die Hema gaan haal.

Dit was eintlik snaaks. By die Hema vra sy vir tee en ek vra ook vir tee, maar met melk asseblief. Gewone melk - nie koffiemelk nie. Nou my liewe pel Rudie het eendag vir 'n ou gevra om die manager te sien - want hy wil weet hoe lyk 'n ou wat so dom is dat hy iemand soos jy met die publiek laat werk... Ek het gister oorweeg om die manager te gaan sien. Net om te sien hoe so iemand lyk. Want, vertel die meisietjie my, ek kan nie gewone melk kry nie. Ek moet koffiemelk vat. Maar op die counter agter haar, staan die boksies gewone melk. Oop. Ek vra ek wil net 'n klein bietjie onder in my beker he asseblief. Nee, redeneer die wereldwyse meisie, tee in melk kan niet. Hoort niet. En in elkgeval kan die melk nie gescan word nie... Hu??? Merel help my redeneer, maar die kassahulp is vas oortuig dat dit eenvoudig nie gedoen word nie. Soos 'n sjokolade burger. Intussen het sy nou al my teewater getap. Toe vra ek vir 'n koffie verkeerd. Jong, if looks were sperm cells, I'd be pregnant...

My rokkie hier bo is in ses ure gemaak. As mens hom neersit op die vloer, dan staan hy sommer vanself rond. Ek wag nou vir die reen om op te hou dat ek my man en myself kan oortuig om Castlefest toe te gaan. Of Gay Pride. Ek besluit nog. As dit Gay Pride is, gooi ek my pienk romp bo-oor die nuwe witte.

No comments:

Post a Comment