Saturday, August 7, 2010

Korset en romp




Mooi ne?

Vandag was een van daaaaaai dae. Ons sou vanoggend na die Castlefest toe gaan. Maar toe begin die reen en hou aan asof die weer nooit geleer het om iets anders te doen nie. Intussen stap die dag aan en ek dink aha opsie 2. Ons gaan Amsterdam toe na die Gay Pride Parade. Dis nou as hulle in hulle bote en vlotte deur die stad gaan. Mooi pienk. Maar toe wil ek iets happy en gay dra en dis toe nou waar die pers rokkie inkom. Die is al weke gelede amper klaargemaak. Maar die korset moes nog gaatjies kry - en die romp nog hakies en ogies.

Rods het die gaatjies ingesit - en het nou 'n wysvinger waarvan die nael se kleur my rok mooi match. Maar nou dat ek ingekleur en geklee is, is dit ook te laat om Amsterdam toe te jaag. So vannaand gaan ons uiteet. Anders was die dag gewoon een complete verspilling van grimering.

No comments:

Post a Comment