Sunday, September 5, 2010

Utrecht in 'n Middag

As ek diep genoeg op die foto inzoom, sal ek vir Thinus en Rachid kan sien. Ons het hulle heel onverwags daar raakgeloop.

Graag sou ek die rede agter die naam van die winkeltjie wil weet

Die kloostertuin binne die kerkmure. Ongelukkig was die kerk (weereens) gesluit toe ons daar aankom.

Oudytdse stadskaart

Kyk die kleur van die lug! Ek dink die was dalk die laaste somersnaweek

Kerkdeur



Die dom (kerk) van agter gesien. Die boog-vorm laat my bietjie aan die Notre Dame dink.

Hier wil ek woon.

Dis 'n probleem met Europa. Omdat dit so dig beboud is, is dit moeilik om 'n foto van 'n hele gebou te kry. Dit is die enigste plek waar ek sonder 'n wide angle lens 'n volle foto van die toring kon kry. Snaakse toring die. Dit is nie vas aan die kerk nie.

Ek wonder of mens moet oppas oor hy 'n terrier is, oor hy swart is of oor hy russies is.

Stadsaal. Daar was 'n troue aan die gang toe ons daar aangekom het.

Ek hoop van harte dit is 'n sculptor besig met sy werk wat hier uitgebeeld word



Sy majesteit. Utrecht het baie katte wat by die restuarante rondsit, rondloop en die geval by die Griekse eetplek 'n hele stoel opeis. Hulle dra halsbandjies, loop soos leeus rond en verwerdig die toeriste nie eens 'n kykie nie.

Een dag gaan ek ook nog op daardie kussing onder die boom gaan rus. Dit lyk net soooo lekker

Die ou stadskraan (nie die soort wat water drup nie)

Van die tonnels langs die kanale


Nog tonnels. Die lei in Winkel van Sinkel in

Eetplekkies onder op die waterkant

Den draeck - en hier dog ek ek is die draak

So het ons 'n uur en 'n kwart deur Utrecht gegaan. Ongelukkig was my kamera op daardie stadium in die waterdigte houer weggepak. Dit was fantasties. Mens sien 'n heel ander beeld van die stad so van onder af en daar is genoegdoening daarin om self jou spoed van verkenning te bepaal. My skouers is net vandag bietjie teer.

Hier het ons net die kano teruggegee. Van hier het ons sommer so langs die water tot by die geel sambreeltjies geloop en daar gaan eet. By die restaurant is daar 'n groot bord met 'n telefoon nommer. Kano-vaarders kan dan sommer daar pizza bestel en so van die water af ophaal.

No comments:

Post a Comment