Sunday, April 29, 2012

Den Bosch

 Die goue draak nes mens by die stasie uitloop.  Kyk die onweer agter die draak!  Dit het die middag so aan-af gereën.

 Geletterde drakie

 Die bakkery waar Bosche bollen die eerste keer gemaak is.  Dit is groot, vol room, met sjokolade bedekde ecclairs.  Nomnom.

 Detail op die brug


 Ek is nie presies seker wat by die winkel verkoop word nie

Patrioties

Dié was bo 'n apteek

Die onweer is vir eers verby.  Hoewel dit al lente is, is die bome nog aan die kaal kant.

 Ek moes glimlag vir die deur.  Mens kry stickers by die gemeente wat jy op jou deur kan plak teen gemorspos of ongeadresseerde pos.  Dat die ou so ver gegaan het om dit in brons aan te skaf, is 'n testament aan sy awersie in gemorspos.  Dit lyk wel heel elegant.


 Comic winkel op die hoek


 'n Gedeelte van die oorspronklike fortifikasies langs die rivier

 'n Foto geneem van af die roltrap by die stasie.  Hier was ek op soek na die paleis.

 Ek het die paleis gevind!  Helaas was dit nie die kasteelagtige koninklike huisvesting wat ek voor my geestesoog gesien het nie... 
 Stadswapen

Stasie Den Bosch

No comments:

Post a Comment