Saturday, April 14, 2012

Jaloesie

Ek dink dit is wat fout is met my; wat my so tydig en ontydig laat huil. Die menslike brein het die mag om twee uiteenlopende emosies tergelykertyd te hanteer. Mens kan elaties bly wees vir 'n vriendin se nuwe liefde terwyl jy terselfdertyd soos 'n jaloerse, verworpe minnaar kan voel. Wel, ek weet nie van jou nie, maar ek kan :) Nou dat ek 'n emosie en rede aan my huilbuie kan koppel, kan ek sekerlik werk daaraan. Want werk moet daar gewerk word daaraan. Jaloesie is een van die mees selfvernietigende emosies, want in plaas daarvan dat die object of your affection nader aan jou gelok word, word die heeltemal weggestoot deur die lelike emosie en word jy uiteindelik verstoot. Sielkunde 101.

No comments:

Post a Comment