Wednesday, August 31, 2011

Surfin' Scheveningen

Dit was ons jaarafluitingsfunksie begin Julie. (Die skooljaar hier begin ook na die somervakansie...) Ons judo-groep is Scheveningen toe vir 'n surfsessie.

My judo-pak was te klein en ek was nog nooit so selfbewus nie. Oor die vreemde grootte, het dit alles verplaas en verskuif en ek het ongelooflik exposed gevoel. (Kyk net my body language...)

Maar eers aan die gang, het dinge beter gegaan.

Aan't surfborden dragen. Ek dink nie daardie surfclub kon verder van die strand gewees het as wat hy was nie.

Oefen om te lĂȘ. Ek is goed daarmee.

Dapper die "branders" in

Voorbok

Hup oor die deiningtjie

Ek het net een maal so soortvan regop gekom op die surfboard. Dit was nie die keer nie...

Oppad terug. Lekker nat, lekker moeg... en ek sien die see het bietjie met my klere gespeel :)

No comments:

Post a Comment