Thursday, September 1, 2011

Memphis Maniacs

Die manne van Memphis Maniacs in aksie. Ek het 'n video ook geneem, maar my foon se mikrofoon is nie bestand teen die klanke wat daar voortgespring het nie. Hulle is 'n fantastiese groep. Het bietjie stadig na my sin begin, maar aan die einde van die aand het ons almal gespring vir I like the way you mo-ove.

Een van die gekke studente aan die afduik op 'n stapel kussings. Dit is sekerlik een van die redes waarom vrouens lange leef as mans. Die ou het my egter breed aan die smile gehad. Ek wonder of hy weet wat sy T-hemp beteken...

Opgedress vir die rock-konsert

Absoluut opgedress vir die rock konsert.

No comments:

Post a Comment