Monday, September 12, 2011

Laura se top in wording


Ek is verskriklik trots op Laura. Sy het hierdie moeilike projek self aangepak; alles uitgeknip, aanmekaargewerk en afgewerk. Baleine is op die lining vasgewerk en die twee gedeeltes moes dan ook aanmekaargesit word. Geen kleine takie nie. Al waar ek handjie bygesit het, was by die moue. Dit is pragtig, maar daar is 'n rede waarom sommige naaisters chiffon eers in suikerwater week voor hulle eens probeer om daarmee te werk...

Op die stadium moet die moue nog some kry - miskien moet dit gebrand word - en die voorkant van die top moet ring-gaatjies kry soos vir 'n korset. Handwerk, dus.

No comments:

Post a Comment