Monday, September 12, 2011

My rok in wording

My gewaad bestaan uit 'n hoepel cage-onderrok, 'n onderrok van netting en dan die romp bo-oor. Ek beplan om 'n korset oor 'n kant driekwartmou toppie te dra. Aan die kant-top, moet die losstaande moue vasgebind word. Die romp het 'n baie lang sleep van dieselfde skitterende silwermateriaal as die aan die voorkant van die rok. Ek gaan fantasties lyk!

As ek tyd en geduld en nog lus het na ek nou gou 'n dubbelsydige vampiermantel gaan maak, wil ek probeer om ook 'n groot kraag te bewerkstelling uit dieselfde materiaal. Wants; not needs.

Detail op die voorkant

Een van die moue

No comments:

Post a Comment