Monday, September 12, 2011

Natasha se romp in wording

Die 'buitenste laag' bestaan uit drie lae: Daar is 'n laag van net, dan 'n laag satyn (met kant daarop vasgewerk) en bo-oor swart organza.

Die 'binneste laag' bestaan uit die twee lae satyn en ewe breed, maar dubbel lae net. Alles moet ingeryg en aanmekaar vasgewerk word.

Die onafgewerkte eindproduk. Om die middel is dit redelik dun, maar dit begin uit te klok van om die heupe af. Op die stadium kort dit nog 'n soom en hakies en ogies, maar dit is byna klaar.

As dit ooit nodig is, kan die rok vir 'n can-can dans gebruik word...

No comments:

Post a Comment