Wednesday, August 31, 2011

Pofbroek

Ingeboude gel-kussing. Ek weerhou my van enige gedagtes aan 'Always'


Ek dink dat my nuwe fietsry broek een van die ongemaklikste dinge is om in mee rond te wandel. Maar dit is (glo) awesome op die fiets - ek moet nog uitvind. Wat my laat dink aan 'n skoolstorie.

Ek het by Elite begin werk en was seker so twee weke daar toe ek die personeelkamer instap met twee kollegas wat gesels. En ek hoor: "Ek kan nie glo jy het 30km sonder 'n broek gery nie!" Nou bekyk ek my uiters konserwatiewe kollega en ek kon dit ook nie glo nie, maar ek is te ordentlik om uit te vra. Later kom dit toe uit die twee van hulle het aan 'n fietsrykompetisie deelgeneem en die een het nie die juiste fietsrybroek gedra nie oor sy dit by die huis vergeet het.

Wel, tot vandag toe het ek my hele lewe sonder 'n broek gery...

No comments:

Post a Comment