Friday, February 26, 2010

Middagete


Ek hou van hoe die lig vanaf die venster so mooi deur die helfte van die beker gaan. Die bekers het ek onlangs aangeskaf toe ek besef het 'n gewone teekoppie is te klein en 'n papbakkie net te lomp.

Om die sop self te maak is heel maklik. Mens vat vars (of soos vandag gevriesde) groente, gooi dit in 'n pot, braai dit sodat die smake kan trou, gooi kruie en 'n paar stock-blokkies of van daardie heerlike Ina Paarman groentestock by, gooi kookwater by en kook dit vir so 5 minute. Dan haal mens dit van die stoof af, dra dit na die stukkie langs die wasbak waar die thunderstick ingeplug is en zap dit. Dis nogal snaaks, want dit suig vakuum af bodem toe. En siedaar! Tuisgemaakte sop.

Ek reken mens kan aartappels, meel of selfs 'n ander soppakkie bygooi om dit dik te maak, maar die is die diƫet variant.

No comments:

Post a Comment