Sunday, February 21, 2010

Die groot opwaartse trek



Om in het regent te moet trek, is nooit ideaal nie. Voeg by daardie sommetjie nog lang, regop , twee-verdieping-huise met kloustrofobiese nou trappies en dit raak 'n interessantheid om dop te hou. Om hier te kan verhuis, moet mens eers 'n vragauto huur, want bakkies is nie iets te vinde nie. Wanneer jou besittings by die nuwe huis opdaag, moet dit in die huis in. Onderste verdieping is nog ok-erig, maar wanneer jy enigsins van die nou trappies gebruik moet maak, kom jy vinnig-vinnig agter dat selfs 'n platskerm-TV nie lekker pas nie. So hierso, wanneer die groot trek moet plaasvind, bel jy iemand wat van glas weet. Die daag by jou plek op met sy lange leer met die elektriese hysbakkie daaraan vas. Eers word jou grootste sitkamervenster uitgehaal, dan word jou goed met die hysbakkie opgekarwei en aan die einde van die middag, met behulp van nuwe putty, sit hulle jou ruit weer terug.

No comments:

Post a Comment