Monday, October 12, 2009

Weird en Wonderful goeters uit de Bijenkorf




As die in die kinderafdeling was, het dit meer sin gemaak. Aan die ander hand (met die ander vingers) dalk is dit ons eie fout as ons onsself toelaat om te volwasse te raak om met die kombuisgoed te speel.

Bekers





Sonder die foto's hoe sou jy die beskryf? Die onderste engelbekertjies met die rubber vlerkies is nog maklik(erig), maar die ander wat lyk soos iets wat uit 'n roomysmasjien gegiet is, is ietwat meer van 'n uitdaging.

Matwas



Harde werk - veral synde die geel masjientjie nie mooi op die trappe pas nie. Dit help ook nie enorm dat hy off-center is nie. Maar boy oh boy hy haal vlekke uit ons matte uit wat ek vas geglo het daar sou bly tot Armageddon toe. Tnx Thinus. Die leen van die wasser is ten minste drie braaie werd.

Saturday, October 10, 2009

Herfs mymeringe


Wanneer die bome soos verlepte Afrikanerblommetjies lyk
En die strate in dik bruin tapyte gehul word
Wanneer die afgewaterde lug met wolkkomberse bedek word
en die hoeke met huilwind gevul word
Wanneer die byt in die lug vennyniger hap
en die baadjie gerits word tot bo
En die stewels en serpe hul buiging kom maak
dink ek aan liefde, hoop en glo
Liefde so breekbaar so teer, tog so sterk
Geloof wat jou selfs uit die hel uit kan trek
Maar hoop, sy's 'n helsim, 'n brute barbaar
en tog bly ek hoop op nog 'n voorjaar

One month into the diet


Na vier weke proe alles na wortels. Regtig!

Broodjie uit die oond


Ons eerste poging tot broodbak. Yum.

Saturday, October 3, 2009

Duurder bewakers van die raspers


Ons was vandag in die Bijenkorf; die baie duur winkel waar alles en nog wat te koop is. Dit is hulle Drie Dwase Dae. Lyk my geld koop nie noodwendig smaak nie. Aan die ander hand - smake verskil. En dwaasheid kom met 'n prys.