Friday, April 23, 2010

halfwas handskoene


By Rods se ma gekry. Ek sit en wonder nog of dit my styl is al dan nie, maar dit maak nie regtig saak nie; gedra gaan hulle gedra word.

Tuesday, April 20, 2010

Monday, April 19, 2010

Wolf wolf hoe laat is dit?




etenstyd natuurlik

Gifappeltjie

Nelle die gifappel

Mooi aanhaak detail vir die moue. Ongelukkig sleep die moue reeds op die grond en het dit nou mooi aanhak detail vir die inrygkoord geword.

mooi oop rug van die goue rok

Die materiaal is goud - ek belowe. Dit is duidelik (dydelik soos die Capies dit sou uitspreek) ook geel. Nelle die gifappeltjie. Gelukkig word meeste hiervan onder die blou fantasy-rok weggesteek. Ek begin sien nou uit na die naweek.

Thursday, April 15, 2010

Afronding


Handsakke uit dieselfde materiaal as ons rokke/mantels vir my en Natasha. Groot genoeg vir selfone, beursies, kameras, koeldrank, pepermente en al die ander noodsaaklike dingetjies.

Sunday, April 11, 2010

Bangmaak teddie






cute
op 'n onrusbarende manier
maar cute

Saturday, April 10, 2010

Dis positief!!!


Nou voor julle begin booties brei... die is net 'n ovulasie toets. Maar dis die eerste keer ooit dat 'n piepie toets (van enige beskrywing) vir my positief uitgedraai het. Voel nogal lekker.