Monday, May 17, 2010

Marmelade rose



As student het my ma 'n vriend gehad. Nick. Sy was vreeslik erg oor hom, al was gay vriende in daardie jare nie die inding nie. Een aand het hulle langs die Kuilsrivier geloop en hy het vir haar vier blomme gepluk en haar vertel sy gaan vier kinders he, en dit gaan hulle persoonlikhede wees.

Eddie se blom, was 'n roos, Gesina 'n perskebloeisel en Danie 'n weeskindertjie. Myne was 'n marmelade bush. Klein geharde plant met ekstroverte geel en oranje blommetjies.

Nick het 'n paar maande later verongeluk. Ek sou hom graag wou ken. Sou hom graag wou weet hoe hy geweet het.

Pakkies



Ek het 'n ding oor briewe. Handgeskrewe bewyse dat daar aan my gedink is. Pakkies vol goodies is natuurlik selfs beter - mits dit van 'n brief vergesel word.

Monday, May 10, 2010

Roosbad




Roos is Nederlands vir die blom, maar ook vir die kleur wat ek as pienk ken. Van al die badgeure is dit by verre my gunsteling. My ma het soms vir my die Woolies bubblebath gekry as 'n treat toe ek nog in die skoolkoshuis was. Dit het intussen onbetaalbaar duur geword, maar dit bly 'n herinneringwekker. Volgende keer as ek weer in SA (of in Engeland se Marks en Spencers is) gaan ek opstock daarop. Maar vir nou is die meer dan voldoende - al is net volwassenes veronderstel om dit te gebruik.

Aardse dinge


Friday, May 7, 2010

The cat in me vs The cat outside



Die kat in my wil vandag binnebly. Buite druppel dit. Binne is dit snoesig. Net toe ek myself ordentlik oortuig het dat binnebly die heel heel beste plan is, toe verfomfaai die bure se kat al my redes. Helsim.

Saturday, May 1, 2010

Doodles



Trompetgedawer, bliksemstrale donderende dromme
weerligblou skaud's van tjello's
Grieg word lewend in Dordrecht
momenteel speel die orkes tweede viool
teen die krag van buite
Teen die oorsprong van kultuur
Teen die mag van dit wat uittroon
selfs bo die praal van die katedraal
hoër as die hemelse klank van binne

Uitgewoed gaan die orkes na huis,
maar die natuur speel onnutsig voort