Sunday, July 4, 2010

De vlaggetjes blijf hangen





Met Nederland wat Brazil huistoe gestuur het, mag die oranje vlaggies darem tot (ten minste) Dinsdag wanneer hulle teen Urugay speel, bly hang. Klink my die Nederlanders is maar onvergewensgesind. As hulle span verloor, word die kilometers en kilometers vlaggies vinnig vinnig uit die strate verwyder, word die oranje T-hemde, hoedens, leeu-ore en toeters weggepak en kom die eers weer op Koninginnedag tevoorskyn - of wanneer die water onder die brug deur is en die span weer speel.

Saturday, July 3, 2010

Friday, July 2, 2010

Twinkle twinkle op die nuwe klavier

Dansies by die LUMC bbq

Roland


Met die klap oop pas dit steeds mooi voor die kaggel-rak


Daar is ongelooflik baie voordeel daarin om 'n poor defenceless female te wees... Eerstens dra die manne in die patriotiese oranje hemde die klavier teen die trap op en daarna sit hulle hom selfs aanmekaar vir mens...

Ek blog later weer. Nou gaan ek speel :)

Zeplin



Bo uit Thinus se woonstel geneem. Dit het so rustig reg bo ons verbygevlieg.

Die lappop