Saturday, October 9, 2010

Barcelona: Dag 3: Poble Espanyol

Poble Espanyol wat gebou is as 'n klein model-weergawe van al die boustyle in die land. Dit is soos 'n klein dorpie met ietsie van alles.


Juwelemaker besig om verskillende kleure glas te smelt








Kunsmuseums binne Poble Espanyol

Daar is ietsie aan die sillouette wat my nogal trek. Ons het in die museum rondgedwaal, maar mag nie foto's geneem het nie.


Glasblaser in die fabriek


Uitsig oor Barcelona. Die vreemde torings in die middel van die foto is van die Segrada Familia.

Hier onder volg die ietwat groter weergawes van die bronsbeeldjies wat al langs die paadjie af te vinde is.











Barcelona: Dag 3: Busrit

Kartelrandjies om die balkonne

Bo van die bus af sien mens heelwat dakke en toringtjies.

Gaudi-geboue. Die een aan die regterkant se dak is so beplan dat dit soos die rug van 'n draak moet lyk.

Herfs in Montjuic - berg van die Jode

Kabelkarretjies tot bo by Castilo de Montjuic, die kasteel hoog op die berg bo die hawe

Poskaart foto

Detail, detail, detail

Mens kry die turkoois oorproppies saam met jou buskaartjie. Op die ander busdiens, kry mens rooies. Hulle is absoluut verskriklik! My ore is nie van die vorm wat hulle daar sal toelaat sonder ernstige nagevolge nie. Ek was dus nie verbaas om by elke busstop 'n hele swerm van die goed bo-op die bushalte te sien nie. Duidelik is my oorvorm nie so uniek nie.

'n Woonstelblok wat deur Gaudi ontwerp is. Ek kan my net indink wat een van daai woonstelle moet kos.

Nog toringtjies en dakke

But wait... there is more. Hierdie toring (La Rotonda) is op die onderpunt van die spoor van die blou trem wat opry na Tibidabo. Lekker steil stuk pad daardie. Daar waar die trem ophou, van die funicular (trein wat op ystertande loop) oor. Ongelukkig was beide die Tramvia Blau en die vervangende bus buite werking en het ons maar na 'n halfuur se rondsit, terug op die toeristebus geklouter.

Kleurvolle helmet

Spoilsports... Mind you, op die strande het hulle nog minder aan as wat op die linkerkantste prentjie vertoon word. And what has been seen, can not be unseen.


Friday, October 8, 2010

Barcelona: Dag 2: Wandeling in die Rambla en Castelldefels

Apteek teels teen die gebou langs ons hotel

Dapper ma en hoogspoed baba

Die gesig van Barcelona

Een of ander staatsgebou

Vir 'n oomblikkie terug in Nederland met die oranje fietse

Opligbrug bo die reeds verlaagde straat

Columbus aan die vinger wys oor die see heen

Optisies illusie van die teels op die Ramblas. Ons is gewaarsku om versigtig te wees vir sakkerollers. Ek is bly om te kan berig dat ons met al ons beursies en kameras terug is in Nederland. Ek moet dalk net ook noem dat ons net so wel gesakkerol kon wees, want daai beursies is nou dolleeg.


Middagete moontlikheid

Ek vind die detail op die geboue absoluut fantasties. Miskien kan mens dit tog op Rooms Katolieke blameer. Om een of ander rede voel hulle net meer genoop om details aan dinge toe te voeg.

Mooi dakkie van die kerkie op die Rambla

Waterdrink plekkie teen 'n muur. Ongelukkig - as ek my neus mag glo - het dit in 'n pissoar ontaard.

'n Flamenco danser probeer Rods oortuig om die aand hulle show te kom sien

Kiddie aan die speel in die water

Terugblik op die Rambla

Map holder

Muur tegelskilderye in een van die Catalunya stasies. Ons het hier rigting gevra na Castelldefels, toe vertel die baie behulpsame Spanjaard (of Catalaan) ons ons moet Arriba, arriba, arriba (met drie springende handbewegings). Ons het gereken dit beteken ons moet asseblief eers uit sy stasie uit en dan drie blokke verder weer probeer. Dit het actually gewerk...

Catalunya plein

Drie blokke verder. Gaudi huis by die ingang van die stasie.

Ek is nie so seker dat Gaudi 'n liniaal gehad het nie. Maar sy designs is fantasties.

Die stadsplein in Castelldefels

Vriende

Barcelona: Dag 1: Barceloneta

Die weer in Spanje die week, was heerlik warm. So tussen die 22 en 27 grade. Selfs ek het die hele tyd - ook snags - met sandale rondgeloop.

Op ons eerste wandeling in Barceloneta (ou vissersdeel van Spanje) het ons op die vreemde straatfees afgekom.

Daar was 'n live band, tafels buite op straat en goed wat soos groot toegdraaide lekkergoed gelyk het, wat oor die straatjie gespan is.

Ete was 'n belewenis. Word of caution. As jy nie van sjampagne hou nie, gaan jy ook nie van cava hou nie... Mik liewer vir sangria. Mens bestel dit daar by die liter.

Dit was die bure se aandete. Yum.

Dit was ons veiliger hoender paella. Dit was heerlik. Hierdie was 'n porsie vir twee, maar ek vermoed ook vier mense sou nie honger opstaan as hulle die hoeveelheid moes eet nie.

Na die tyd het ons by die stalletjies gaan ronddwaal. Ek moet nog gaan tel hoeveel hangertjies ek in totaal gekoop het. Maar ons het ook die wonderlikste karamel gevulde churro's gekry.

Die was die vreemdste optog wat toe heel luidrugtig by ons verbykom. Daar was onder andere 'n draak, 'n vuurspugende perd, iets wat ek hoop 'n skilpad is, en heel veel mense geklee in rooi, aan die sigaret rook en vuurwerke en klappers afsteek. Weird weird weird

Kyk hoe toegerook is die pleintjie reeds.