Sunday, October 10, 2010

Barcelona: Dag 5: Daggie te voet

Die kruise was grens-merkers tussen stede

Nog een van Gaudi se designs. Die twee poort-geboue met die draak-hek

Die paleis wat nou nie meer deur die Spaanse kongingshuis gebruik word as woning nie.

Wasgoed in Barceloneta

Detail op die gebou agter die recycle dromme

Blomme in die deur van 'n gebou naby die Barceloneta strand. Dit is 'n arm gebied van Barcelona en dus die gedeelte waarvan ek die meeste hou, want die mense daar is eg, die atmosfeer gemoedelik en die kos heerlik.

Noue stegies in die Gotiese gebied


Kyk al die verskillende boustyle en -stene. Dit is 'n Romeinse muur wat so omskep en omwikkel is.




Geboutjie wat wydsbeen oor die stegie strek


Ek wonder of Gepetto Spaans was

Die Arc de Triomf. Nie so groot soos die ene in Parys nie, maar nog steeds indrukwekkend.

Kyk hoe speel daai engel vuvuzela

Barcelona: Dag 4: Park Guell

Die ou met die Guell van (met kolletjies op die e, maar ek is op my laptop besig en sal nog eendag uitfigure hoe om hulle hiermee te maak) was Gaudi se hoof-klient. (Nog 'n kolletjie-woord). Profete word nie in hulle eie lande erken nie, en kunstenaars nie tydens hulle leeftyd nie. Die idee van die park, was om huise te ontwerp wat by die natuur aansluiting vind. Die pilare in die park is byna uitsluitlik uit klip gebou, ek dink nie liniale is ooit gebruik in enige van die designs nie en 'n hele klomp tegeltjies is te pletter geslaan voor hule weer soortvan gelas is. In die park is maar 'n paar huise. Een van hulle, so 'n pienkerige ene wat van ver af soos 'n kerkie lyk, was Gaudi self se huis. Die park is later in sy geheel aan die Barcelona munisipaliteit geskenk. Dis die geskiedenis wat ek van die toeriste-bus af onthou.



























Barcelona: Dag 4: Segrada Familia

Toe aan Gaudi gevra is hoe lank hy dink dit gaan vat om die Segrada Familia klaar te bou, was sy antwoord: My klient is geduldig. God kan wag. Hy het immers al die tyd. Op die stadium probeer hulle om dit voor 2026 (die 100 jaar reunie van Gaudi se dood) klaar te kry.

Die nuwe kant van die gebou

Ingangspoorte met hoekige standbeelde

Die skrif is aan die muur
Gloeilampe binne die kerk
Kyk hoe verskriklik mooi is die wenteltrap links van die gekleurde venster

Daar word ook nog binne die katedraal gewerk. Net die buitenste gedeeltes van die binnekant is vir die toeriste betreebaar. Mens kan ook met 'n lift na bo in die torings gaan, maar die wagtydperk was 'n uur.

Loodglas

Soveel dinge hier binne is op die natuur gebasseer. Die pilare soos boomstamme, die blomme in die dak, 'n ware tribute to nature.

Die hoogte van die pilare is duisligwekkend

Die is ongelukkig 'n blurry foto. Die gebou is onderstebo ontwerp met behulp van drade en lappe en gewiggies om die presiese gravitasionele kragte daarop uit te pluis. Deesdae het mens rekenaarprogramme wat dit vir jou kan doen, maar die ouens van meer as 'n eeu gelede moes met ander planne vorendag kom. Ek dink die kerk op die foto is die katedraal in die middel van Barcelona. Die het buite groot signs op van Gaudi's first cathedral, maar is baie meer tradisioneel in voorkoms en ek het gaan google, maar kry nie so vinnig enige website wat die claim kan staaf nie.

Die Segrada van die straat af. Dit is 'n massiewe gebou. Volgens die oorspronklike plan, moet daar 18 torings in totaal gebou word; 12 vir die apostels, 4 vir die evangeliste, een vir Maria en een vir Jesus. Die bloudruk planne is egter in die laat 1930's tydens die Spaanse Revolusie verbrand.

Die gedeelte is al omtrent 'n eeu oud.

'n Vinnige blik hierna, laat die bietjie morsig lyk, maar nadere ondersoek wys die ongelooflike hoeveelheid detail.

Detail aan die ou kant van die Segrada. Ek dink die kant is klaar gebou voor Gaudi dood is. Daarna was die Spaanse Revolusie en het die bou vir baie lank stilgestaan. Deesdae word dit op donasies gebou en hou hulle op wanneer hulle geld opraak.

Kapel ingangsdeur
Een van die eerste dinge wat klaargebou is, is die kapelletjie. Kyk hoe hoog staan daardie deure.

Kyk die lig op die regterkantste muur

Klein skaalmodel van die binnekant van die Segrada. Let op hoe die pilare soos boomstamme lyk.

Ek dink die was oorspronklik 'n werkswinkel

"Nuwe kuns". Die beeldjies aan die nuwe kant van die gebou, is ook deur 'n meer moderne kunstenaar ontwerp.