Sunday, August 25, 2013

'n Daggie met Yvette



Dit was een van daardie Saterdae wat so vol was, dat dit oorvloei het van die lekkerte.  Eers het ons gaan rolskaats, toe het ons by die Thai gaan eet en daarna het ons vuurwerkte op die strand gaan besigtig.  Die wind het ons ordentlik gesandblast, maar ook daar het ons oplossings voor gehad. 

Klimkursus



Ek het die laaste vier weke 'n klimkursus gevolg.  Nou is ek 'n geregistreerde onafhanklike klimmer.  Dit is 'n interessante ding om te doen.  Ek het die adrenaline verwag, maar het opgeeindig met 'n gevoel van accomplishment.  Ek kon dit doen.  Ek was sterk, flink, lenig en domastrant genoeg om dit nie net reg te kry nie, maar ook goed te kon doen.  I am wonder woman.  

Waterpop




Moon


Ek moes na Edwin se katte kyk.  Die is Moon.  Sy is 'n pragtige boskat.  Sy skud hare af soos niemand sal glo nie, maar is sy nie 'n fantastiese mooie dingetjie nie?

Stradborrel


Rollerblading in Zuiderpark






Ek is baie stadig; stadiger as gewoonweg loop.  Miskien is my sense of mortality groter as wat nodig is.  Miskien is dit net moeilik om die tipe ding as volwassene te leer.  Maar dit was lekker. 

Trekkertrek Koudekerk 2013








Daar is iets ouderwets lekker aan 'n boerefees met trekkertrek wedstryde, brullende masjiene en 'n thunder dome.