Saturday, September 19, 2015

Werkonsekerheid

Tja, so beteken 'n permanente pos deesdae ook nie meer wat dit vroeër beteken het nie.  Die pos/amp/werk/roeping het nie veel in betekenis verander nie, maar permanent het 'n rakleeftyd gekry.  

My werk sit in die middel van 'n reorganisasie.  Eers sou ons in Junie hoor wie weg moet.  Junie het September geword en September word nou deurgeskuif na die mooiste, mooiste maand.  Intussen hou ons ons besig sonder om te veel omhoog na die byl te kyk.  Miskien sien ons die skaduwee net betyds voordat hy neerkletter.

Nie dat my onmiddelike ekonomiese toekoms my slapelose nagte gee nie; nee, daar blameer ek die karongeluk van gister voor.  Ander blog-verhaal, maar die crux van die saak is dat Volvo's wel verrassend sterk karre is.  Maar om terug te kom na my ekonomiese situasie.  Omdat dit 'n gedwonge ontslag is, kry ons ons volle salaris vir nog 'n paar maande.  Iets soos 9 maande.  Daarna kry ons nog UIF; 'n maand per jaar wat ons gewerk het.  Dit is dus redelik rooskleurig.  Al nadeel/voordeel is dat ons 'n solicitatieplicht het.  Ons moet vir werk aansoek doen: ten minste een per week. En dit is uiteraard nie 'n nadeel nie.  Dit hou mens op jou tone en vergroot jou kans om dan wel 'n werk in te palm.  

So, ja.  Ons wag nog ietwat ongeduldig vir byltjiesdag.  Ek swaai tussen twee uiterstes.  Aan die een hand, is veranderinge eng.  Ek weet nie of dit lekker gaan wees by die 'nuwe' werk na die reorganisasie nie.  Ek weet nie of hulle my gunsteling kollegas gaan wegbesuinig nie.  Maar ek wil uiteraard bly.  Aan die ander kant van die pendulum is die vrees dat ek gaan moet weggaan.  My werk bevat 'n ongesonde persentasie van my kennise- en vriendekring in Nederland.  Wat gaan ek met myself aanvang as ek hulle nie meer sien nie?  As hulle my wegstuur, is dit dan omdat ek nie goed genoeg werk nie?

En dit is wat reorganisasies met mens sy brein doen.  Daar is soveel onmag, soveel dinge buite mens se beheer, soveel what ifs en they couldn't possibly do that; could they? No, really, could they??

Oor 'n maand uiteraard 'n update.

Een ding weet ek wel.  As ek daar moet weggaan, pas ek wel 'n vakansie in voor ek weer aan die slag moet gaan.

Friday, July 11, 2014

Die is blykbaar 'n ou verhaal met baie agtergrond en geskiedenis.  Ek dink dit is cute dat hulle ons treine met die soort 'grafitti'  versier.  

A view from the top

Geen treine van en na Leiden, so Rods het my kom haal.  Toe gaan eet ons in die restaurant op die 12de langs die stasie.  Hulle is ok, maar bietjie duur, vind ek.  Maar dit is lekker om so uit die hoogte op my werk af te kyk.  

Volleyball in Katwijk


 Ek dink ek sê hier die bal is uit


 Team Hertog Jan Zandhappers
 Puntjie vir ons

Ons het uiteindelik derde geword

Kaaskoppe

Dit is 'n Vrydag, Goeie Vrydag nogal.  En skielik is ons Nederlands...


Lugmagdag Gilze RIjen



 Die oue in die middel (Lancaster?)is die enigste een in Europa wat nog vlieg.  Daar was duisende van hulle gebou vir die oorlog.

 Red Arrows teken vir ons 'n hartjie


Melon cutter


Kyk hoe mooi netjies sny die nuwe melon cutter die waatlemoen!