Sunday, March 6, 2011

Carnaval: Breda (Kielegat)

Hierdie week is die vet dae voor Ash Wednesday. Daar word karnaval gehou in al die oorwegend katolieke dorpe en stede; dus meer na die suid-ooste van die land. Ek en Laura het gaan ondersoek instel - kaartjies gekoop Tilburg toe, maar eers in Breda afgeklim. Ongelukkig was ons om presies 12uur in Breda en dit was toe die dorp eers begin wakkerword het. So 'n lee dorp lei tot mooi landskapsfoto's, maar nie veel in die lyn van karnavalklere nie.



Al het ons al die fantasiedrag tot ons beskikking gehad, was my enigste toegewing tot carnaval die hoed. Later die dag toe ek tussen die aangeklamde menigte my pad moes oopbaan, was ek nogal dankbaar dat ek nie met 'n lang rok hoef te sukkel nie.

Tipies kind

Deurklopper

Liefdesgedicht: Jij hebt de dingen niet nodig om te kunnen zzien. De dingen hebben jou nodig om gezien te kunnen worden.

Die mooi kerktoring in Breda

Willem die tweede

Die meeste pubs het sulke gesigte (gedrogte) gehad. My karnavalskennis strek nie diep genoeg om die betekenis en tradisie daargater nou weer te gee nie. Even googelen.



Vir die week van karnaval, verander die dorpe se name. Breda is byvoorbeeld skielik na Kielegat herdoop die week.

Ek weet nie of ek 219 euro vir die kunswerk wil betaal nie, maar ek hou van my weerkaatsing in die glas.



'n Vernederlandse pubtafel

Onderweg terug na die stasie, het ons by 'n buitelugse oorlogsmuseum verbygewandel


Oorblyfsels van die oorspronklike fortifikasies (auch! - wat is die Afrikaanse woord?)

Work in progress

Allergiese reaksie

Lyk my ek kan by die Nederlandse weergawe van Deep Heat by my allergie tel. Die is so 10 minute na ek bietjie op Rods se arm gevryf het en daarna my hande gaan was het. Mooi rooi en bulterig. Miskien as ek dit spot vir spot op my arms sit sodat dit soos masels lyk, kan ek 'n week by die werk afkry :)

Monday, February 28, 2011

Erotic Museum Amsterdam

Wel, tegnies was die poster buite die museum geneem

Shame, die arme ou se ding is in die helfte deur gebreek

Erotiese kuns deur John Lennon. Ek dink hy was 'n beter sanger as kunstenaar.




Proper Mondays

Brandewyn-Nelle

Die bus was ongelooflik warm. Maar ek het redelik vinnig in my jas ingeklouter na die foto geneem is. Ek lyk vir myself nes 'n lumber jack.

Ons staan hier in die pad. Die hoogte waar my hand op rus, is hoeveel van die sneeu wat weggeskraap moes word om die pad sigbaar te maak.

Brandewyn-Nelle (want brandwyn het nie brieke nie)