Thursday, May 31, 2012

Berg en Dal

 Om een of ander rede, seker die kleur, het die my aan kosmosse laat dink.

 Reisgenote

 Bo van die uitkyktoring af

 Waar ons gebundubash het - en ek 'n bosluisbyt gekry het


 Rods bo op die uitkyktoring

 'n Waarheid bo op die uitkyktoring gegrafitti


 Poeigaai

'n Baie skelm foto.  Ek lyk 10kg ligter, want die rugsak verskaf die optiese illusie dat my middel 'n paar hande kleiner is.  Wel, ek gaan nie kla nie...

Monday, May 28, 2012

Scones


Gister gebak.  Ek kan sweer die wat ek in SA gemaak het, het hoër gerys, maar die van gister was baie lekker.


Angry Tantrum Ballet Barbie


Dit was die moeite werd om al die pad Leiden toe te gaan vir gister se Lakteater konsert, net om die stukkie ballet te sien.  Ongelukkig het ek eers halfpad in die liedjie in begin video neem, maar die tantrum is mooi duidelik.  

Thursday, May 24, 2012

5 Jaar later

Dit was gister die 5 jaar herdenking van my ma se dood.  Die foto is van haar as 'n student iewers in die laat 60's.  

Tuesday, May 15, 2012

Vir die strand

Dit is byna-byna somer.  Dit bly ek myself vertel - ten spyte van vandag se max 10 grade.  Maar een van die dae gaan ek die nuttige windskerm nodig hê.