So loop ek een Saterdag daar in en die Amerikaanse eienares is in die winkel besig, maar haar man staan agter die till. Hy is 'n Nederlander en vra my mooi in Nederlands wat dit vandag sal wees. Sy vrou antwoord daar tussen die rakke uit: 'n Late machiato... en dit is take-away, want dit is Saterdag...
Gister kuier 'n nuwe vriendin Laura hier by my en ons loop Albert Hein toe. Ek wys haar toe die winkeltjie, en ons staan met ons neuse teen die glas. Dis so 'n kwartiertjie na die winkel toe is, so die eienaars is nog binne en ons waai ewe vriendelik. Laura besluit toe dat as die eienares so baie van my weet, dan moet sy 'n stalker wees. Ons loop en giggel oor my stalker en kry 'n scanner in AH. Net om op te kyk in die barista-winkel eienares se gesig! En die eerste wat sy kwytraak, is: "I have been stalking you..."
Tussen ons gelag kry sy dit toe darem uit dat hulle vandag Italie toe gaan en dat sy ook vir vandag kaartjies het vir Cirque Stiletto en wil ek dit graag he? Ek het dit met baie dank aanvaar.
Nou, as mens keuses kan maak in watter stalker jy wil aanhou, kan ek net my tevredenheid uitspreek met myne. Die show was fantasties (gaan google dit). En my stalker maak nie net 'n killer koffie verkeerd nie - sy weet ook of dit in die glas of papierbekertjie gegiet moet word. Awesome!
No comments:
Post a Comment