Sunday, January 16, 2011

Is ek vet?

Laura het 'n paar weke in Kaapstad gekuier saam met haar meisiekind. Noudat sy terug is, kuier ons lekker, doen ons naaldwerk, kook ons, drink ons tee - die gewone. Toe vertel sy my haar dogter het haar gevra of ek vet is - want sy kan nie uit die foto's aflei nie. En sy het dit 'n moeilike vraag gevind om te beantwoord...

Beide Laura en Rods het my die naweek probeer oortuig dat ek nie vet is nie. Net... stewig. (Kidnap resistant, dink ek aan die prentjie wat ek nou-die-dag raak gestumble het) Wat ek ook dink, is aan die meisie wat na 'n eerste date by die huis indwarrel en haar ma vertel die ou is die niceste ou ooit. Hy het haar vertel sy is beeldskoon! Haar ma reken sy moet van hom ontslae raak, want 'n man wat nou al so lieg...

No comments:

Post a Comment