Monday, June 27, 2011

Zomer in de Zaanen

Yup, hy rock!

Die eerste bandjie aan die optree toe ons net daar aankom. Hulle was verrassend goed.

Een van my kollegas, Wendy, onder haar paraplu'tje. Gelukkig het dit opgehou reën teen die tyd dat Merlijn-hulle se band, Rock Rekked begin optree het.

Merlijn en Jeanet in 'n prettige bui

Een van daardie absurde oomblike toe die Doner Kebab man besluit het om Laura aan te vat



'n Interessante, maar rare aandjie. Merlijn het my mooi gewaarsku dat die mannetjie daarvan hou om vroue te versieren. Omdat ek die hele aand aan die vertaal was, vertel ek toe vir Laura dat 'he likes to decorate women...' Aaaaah een van daaaaai

Die bandjie waarvoor ons deur is Haarlem toe. Hulle was die moeite werd.



My rocker kollega

Granny. Die rock-ouma was awesome!

Die foto het ek spesiaal op die blog gesit. Nie oor Laura besig is om die bra wat ek oor 'n paar minute na die verhoog gaan slinger, reg te skuif nie. Nie oor sy met beide hande onder my hemp besig is nie. Maar oor die absolute verbystering op kollega Dave agter my se gesig. Mens dink jy ken jou kollegas...

Laura en Jeanet aan die dans
Ek met 'n ietwat bekommerde Dave. Ek moet giggel oor die hand van hom wat so verlangs verbyhou

Sillouette van Merlijn

'n Blerrie moeilike foto om te neem so in die donker en aan die beweeg




No comments:

Post a Comment