Thursday, June 17, 2010

Grafitti












As grafitti so lyk, gee ek nie om dat dit die stegies van die binnestad versier nie.

Nep vuvuzela


Hy blaas makliker as die meer tradisionele vorm.

Sunday, June 13, 2010

Geheimenisse en beloftes

Gister se prag





Skoonheid, so vertel die spreekwoord ons, vergaan, maar deug bly staan. Azaleas by Clingendael in die laaste dae van die lente. Iets aan die verganklikheid van dit wat asemrowend mooi was, het my vandag diep geraak. Want die mens woon in sy liggaam, maar hy het dit maar te huur... Circle of life. Circle of beauty.

Clingendael in middel Junie

Langoor


Heel vroulike eselin
Een van die asemrowende paadjies by Clingendael

Bruidspaartjie besig met hulle foto'
Mooi prinsessie-trourok van agter af

Rooi mapel-blare

Gewese skoonheid

Felle kontras van die bruggie teen die mos


Sirkelvormige venstertjie in die teelose Japanese tee-huisie

Glimlaggende takke

Trappies op na die Budha

Die budha met sy klip offerandes

Reuse sampioen

Daar is 'n defnitiewe nadeel daarin om die foon se kamera ipv die regte een te gebruik. Skerper beelde is die eerste verloorder. Maar dit is ook lekker om 'n handsakgrootte foon byderhand te hou.

Hello Betty




Ek dink ek is redelik vol. Laat ek verduidelik. In my woon 'n sensible volwasse vrou wat - hoop ek - gewoonlik in beheer is. Ook iewers binne my is 'n maer meisie wat huil om uit te kom. Haar moet ek normaalweg met 'n koekie stilmaak. Dan is daar die dogtertjie. Die een wat na pienk kyk en haarself as 'n prinsessie sien. Ek dink dit is sy wat my die Betty Boop (of synde dit 'n bra is seker Betty Boob) laat koop het. Die Hello Kitty is net om my vriendin jaloers te maak. En oor dit katoen is en lekker dra. En oor dit swart straps het. En eintlik maar net oor die dogtertjie in my eintlik daarvan hou...

Den Haag deur die drade

Deur die treinvenster geneem soos ek Den Haag Centraal binnery. Daar is ook skoonheid in drade en bouwerk en half-klaar geboue.