Sunday, April 10, 2011

Kinderdijk, Gouda en Delftshaven

Op die ferry besig om die Lekrivier te kruis

Op 'n ander boot by Kinderdijk

Dit waarvoor Kinderdijk bekend is

Die ingang na die museum in Gouda

Die fantasiemooie stadhuis van Gouda

St Janskerk in Gouda

Kaaswinkeltjie

Delftshaven

Die windmeul in Delftshaven

Amsterdam met J-M

Dit is weer die begin van die blomtyd

Daar is miskien ... iewers... 'n straight ou wat die kan dra. Let me rephrase. Daar is miskien... iewers... 'n man wat die kan dra sonder om belaglik te lyk.

Amsterdam, baby!

Loot!

Huisjes

Ek sal nou nie uit eie ervaring kan praat nie, maar ek skat hulle kry ook koud


J-M en die man wie se naam iewers 'n Captain inhet



Hoe kan mens Nederland toe gaan en nie na die hoofstad van sex en drugs en ... poffertjies toe gaan nie?

Monday, April 4, 2011

Totsiens, Ouma Marie

Die foto's is ses jaar gelede geneem. Dit was toe Rods se pa en my ma nog geleef het. Toe my ouma ook nog - in liggaam ten minste - met ons was. Sy is vanmiddag oorlede. My tannie vertel sy het vanoggend daar gekuier, vir Ouma 'n sjokolade gegee (wat sy geniet het) en Ouma het na ete bietjie gaan skuinsle en net nie weer wakker geword nie. Ek reken daar is erger maniere om te gaan as in jou slaap nadat jy sjokolade gehad het.

Hier sit ons klomp naamgenote (en Adam). Maria Petronella's en ek wat die verkorte weergawe gekry het.

Selfs einde 2005 was Ouma se gedagtes lankal nie meer met ons nie. Sy het alles herhaal wat ons haar vertel het en dikwels gevra wie se kind die dan nou is en of ek darem getroud is. (Dit is Eddie se Adam seunskind wat ek en my ma vir die dag saamgevat het.) In die laaste jare het haar gesels opgedroog en het sy mens net so sit en aankyk as jy daar kuier. Ons vermoed sy het op 'n stadium 'n beroerte gehad.

Toe my ma oorlede is, het my tannie besluit om haar nie te vertel nie. Natuurlik het my ooms gedink dis onmenslik, maar my arme tannie moes my ouma destyd vertel haar hondjie is dood. Toe huil my ouma troosteloos die hele middag. Volgende dag vra sy hoe gaan dit nou weer met haar hondjie. Toe is dit asof sy alles vir die eerste keer hoor. En my tannie moet troos. Die hele middag. Na nog 'n keer of wat, toe Ouma weer vra, toe se my tannie, nee dit gaan goed met die hond. Ouma wil ewe weet wat doen die hond alles. Tannie is toe heel eerlik, maar ook heel kreatief. Nee, Bokkie doen nie veel nie. Le net daar rond...

Met my ma se dood het my tannie dus nie weer kans gesien daarvoor om my Ouma al om die anderdag so te ontstel nie - en ek skat die nuus van 'n kind se dood is 'n paar grade erger as die van 'n troeteldier. Maar sy het bietjie gewroeg oor die etiese aspek daarvan om dit van my ouma te weerhou. Tot my oom haar vertel het, nee man, dink net wat 'n heerlike surprise gaan dit vir Ouma wees as sy nou die dag sterf en daar is nie net al haar broers en susters en ouers nie, maar Liefie ook! Nou ja, ek reken Ouma het vandag 'n hele paar surprises gehad.

Ek ook nou nogal. Ouma Marie is so drieuur se kant oorlede en so vieruur kry ek 'n sms van my sussie. Sy het dit wat my pa haar gestuur het net so geforward: Ouma Marie is so 3nm vandag oorlede. Nog geen reelings. Pa. Ek lees toe eers am, maar kom toe darem na 'n paar minute tot my sinne. En toe ek so effens lus kry vir huil, toe kry ek ook so effens lus vir lag. Minder as 'n uur later... Ek moet erken dat ek ernstig geskok sou wees as daar reeds reelings was! (En nou dat ek van die sjokolade weet, sou ek nog ernstiger gewonder het oor wat in daardie sjokolade was!) Of daar reelings is of nie, is vir my eintlik akademies. Ek gaan tog nie nou op 'n vliegtuig spring en afjaag Kaap toe nie. Al is my hart vandag daar.

'n Oorbeligte foto van Ouma en Oupa Danie se troufoto.

Sunday, April 3, 2011

Vir mense met blikkele

Sunday drive through a flowery Wateringen



'n Dag in die son

Dit was Thinus se uitmuntende idee die. Piekniek in die park op die eerste dag die jaar wat 20 grade geword het. 'n Luilekker lentedag.

Natuurlik is ons rus binne omtrent 10 minute verstoor deur 'n groep jongmense wat ook kom son soek het. Hierdie meisie se kleredrag - ok, haar skoene eintlik - het my oneindig gefassineer. Hoe besluit jy dat dit jou 'speel frisbee in die park' skoene moet wees?

Goggo's in die sonskyn

Nagevolge van die sonskyn. Ek het miskien nie rooi hare nie, maar ide velletjie van my is blykbaar nie eens bestand teen die flou Europese son nie.


'n Pakkie vol plesier