
Dit was Thinus se uitmuntende idee die. Piekniek in die park op die eerste dag die jaar wat 20 grade geword het. 'n Luilekker lentedag.

Natuurlik is ons rus binne omtrent 10 minute verstoor deur 'n groep jongmense wat ook kom son soek het. Hierdie meisie se kleredrag - ok, haar skoene eintlik - het my oneindig gefassineer. Hoe besluit jy dat dit jou 'speel frisbee in die park' skoene moet wees?

Goggo's in die sonskyn

Nagevolge van die sonskyn. Ek het miskien nie rooi hare nie, maar ide velletjie van my is blykbaar nie eens bestand teen die flou Europese son nie.
No comments:
Post a Comment