Saturday, April 30, 2011

Paris saam met J-M

Onderweg na die groot avontuur. Kyk hoe luuks is ons treinsitplekke

Land mark

Een van die mooiste geboue in Paris

Aandete

Die het nou nogal as 'n skok gekom. Die rede waarom ons Formule 1 hotel so goedkoop was, was omdat daar geen toilette of storte in ons kamers was nie. But that too has passed.

Uitsig vanuit ons hotelvenster. Nou nie in die beste gedeelte van die stad nie, maar op die ou einde is dit maar net 'n plek om te slaap.

Halfpad op teen die trappies van die Sacre Coeur (meer as 160)

Ek moet noem dat die trappies nie die geweldige bult tussen die trappe en die metrostop insluit nie.
Nog trappies. Maar dit was die moeite werd. Wat 'n pragtige gebou.

Kunstenaars besig op die Monte Martre

Die nerd in my is mal hieroor


Natuurlik het ek verdwaal. Dis deel van wie en wat ek is. Maar in my soektog na die Moulin Rouge het ons die ongelooflike begrafplaas in Monte Martre raakgeloop. Maar die is 'n blog van sy eie.

Come what may...

Een van die standbeelde naby die Notre Dame

'n Fantastiese oorbevolkte Amerikaanse boekwinkeltjie

Een van die dinge wat ek nie so lekker begryp nie. Die kerk is een van vele wat om die Notre Dame geplant is. Hy is pragtig; bietjie afgeskeep, bietjie vervalle, maar absoluut pragtig. Ek verstaan net nie dat daar 'n katedraal en ses of sewe kerke binne 'n paar honder meter uit mekaar kan wees nie. Mense...

Bogenoemde kerkie se binnekant

J-M se sagte hartjie in werking

No comments:

Post a Comment