Daar is 'n massiewe brug oor alles gebou. Die grafkelders pas mooi onder die brug se steunpilare in. Regtig met deernis ontwerp, dink ek. Tussendeur is nuwer, meer moderner, meer artistiese grafte, maar die waarvan ek hou, is die oues waarop die mos groei. Ook het ons 'n swart kattie daar gesien. 'n Swart kattie in 'n archaiese begrafplaas.
Gelukkig ken my vriendin my en sy moes die verlange in my oge sien toe ek op daardie brug staan en afstaar na die begrafplaas onder my. Sy het vir ons 'n ingang gevind en rustig gaan sit en roomys eet terwyl ek gekyk en geclick het. So ken jou vriende jou, ne? Maar, natuurlik, wil ek meer. Wil ek met 'n vol kamera en 'n vol dag voor my die uithoeke van die laaste rusplek van soveel generasies gaan verken. Volgende keer.
No comments:
Post a Comment