Saturday, April 30, 2011

Paris saam met J-M

Onderweg na die groot avontuur. Kyk hoe luuks is ons treinsitplekke

Land mark

Een van die mooiste geboue in Paris

Aandete

Die het nou nogal as 'n skok gekom. Die rede waarom ons Formule 1 hotel so goedkoop was, was omdat daar geen toilette of storte in ons kamers was nie. But that too has passed.

Uitsig vanuit ons hotelvenster. Nou nie in die beste gedeelte van die stad nie, maar op die ou einde is dit maar net 'n plek om te slaap.

Halfpad op teen die trappies van die Sacre Coeur (meer as 160)

Ek moet noem dat die trappies nie die geweldige bult tussen die trappe en die metrostop insluit nie.
Nog trappies. Maar dit was die moeite werd. Wat 'n pragtige gebou.

Kunstenaars besig op die Monte Martre

Die nerd in my is mal hieroor


Natuurlik het ek verdwaal. Dis deel van wie en wat ek is. Maar in my soektog na die Moulin Rouge het ons die ongelooflike begrafplaas in Monte Martre raakgeloop. Maar die is 'n blog van sy eie.

Come what may...

Een van die standbeelde naby die Notre Dame

'n Fantastiese oorbevolkte Amerikaanse boekwinkeltjie

Een van die dinge wat ek nie so lekker begryp nie. Die kerk is een van vele wat om die Notre Dame geplant is. Hy is pragtig; bietjie afgeskeep, bietjie vervalle, maar absoluut pragtig. Ek verstaan net nie dat daar 'n katedraal en ses of sewe kerke binne 'n paar honder meter uit mekaar kan wees nie. Mense...

Bogenoemde kerkie se binnekant

J-M se sagte hartjie in werking

Tuesday, April 19, 2011

Daggie Brussels

Ons het met moee voete en heelwat verdwaal uiteindelik by hotel Aris opgedaag. Na Paris se Formule 1 met die badkamers iewers op die gang, was ons verbaas en in 'n fantastiese bui toe ons uiteindelik na 'n paar trappe op en af in ons kamer inwandel en hy so lyk:


Met ons tasse net neergeplonk, skuif ons die beddens uitmekaar en toe ek wil toilet toe, ondek ons aan die bo-kant van die trap nog 'n kamer met nog so 'n bed en 'n volledige badkamer met 'n bad. Dit was hemels.

Straatlig


Nom nom nom

Hierdie is die enigste hoek waaruit 'n normale kamera die groot toring op die Marktplein kan afneem


Brusselse kant

Brusselse tapestries


Mannekin pis vir 'n slag sonder klere aan



Sommerso op die grond tussen die cobblestones


want want want


Ons het geinspekteer, maar hy was nie regtig van sjokolade nie


Sakeman in sy pak tydens die middaguur voor die katedraal


Die Brusselse katedraal wat heelwat ooreenkomste toon met die Notre Dame in Paris




Aartsengel Michael, die vegter









'n Fantastiese kasteelring


Die tourist trap doodstil op 'n Woensdag oggend




Belgie... waar regen tipies is


Ek reken op die punt van delirium, sal mens seker pien olifante begin sien


Stegie

Mechelen se kerktoring vanaf die stasie


Ek is heel trots op die foto. Dit is geneem vanuit ons snel bewegende trein van 'n ander ewe snel bewegende goederetrein