Saturday, November 19, 2011

Engelse tee

Volgens Pratchett dryf tee demone weg. Hy is absoluut reg, natuurlik. Dit vul ook hol kolle, en doen meer vir die mensdom as wat 'n duisend woorde kan. Dit verdoesel die ongeluk, verlig die vreugde en verbeter die samelewing. Behalwe as dit Nederlandse tee is. Die is wheg. Meestal.

Monday, November 14, 2011

besoekers



Wat 'n leuke verrassing (twee rre...) vir 'n Maandag oggend. Interessant hoe vinnig mens goed met 'n meter kan lig wanneer so 'n kleine dingetjie in jou huis rondbeweeg.

Potjiekos

Daar is 'n laaaaaaaaang storie agter die potjie...

Gaste vir Rods se verjaarsdagpotjie

Birthday boy
Amos en Riaan

Tadaaaa

Friday, November 11, 2011

Herfs



Die tyd van die jaar wanneer die ou klere uitgegooi word, die minimalisme omhels word en die innige diepte van die onherroeplike vertroetel word
Natuurlik sal daar nog 'n lente wees

Elfies


Ek sien ook uit na die 20ste om 11 minute oor 8 die aand...

Vir Saterdag


Het ek nou drama gehad om 'n potjie vir Rods te kry... In 'n mate is dit seker eintlik 'n potjie vir my, nou dat ek eerlik daaroor nadink. In SA het ek een gekoop, maar dit was net te swaar om deur duane te smokkel. DiƩ wou ek graag laat pos, maar dis so duur met lugpos - en so onseker met gewone pos - dat ek die gedagte uiteindelik halfhartig laat vaar het.

Gelukkig verkoop die Spens in Amersfoort potjies en dis waar die ene toe vandaan kom. Het hom gister gou geprime en Saterdag wanneer die Suid-Afrikaners kom kuier, gaan ons potjie!

Sunday, November 6, 2011

Jhb op 'n deinserige oggend

Ons ou huis
Ek mis die oopheid van 'n koppie agter ons huis. Die ruimte.

Menige luilekker dae is onder daardie prieel deurgebring.

Bedford Centre

Paar weke te vroeg vir die pers jakaranda skouspel