Friday, November 11, 2011

Vir Saterdag


Het ek nou drama gehad om 'n potjie vir Rods te kry... In 'n mate is dit seker eintlik 'n potjie vir my, nou dat ek eerlik daaroor nadink. In SA het ek een gekoop, maar dit was net te swaar om deur duane te smokkel. DiƩ wou ek graag laat pos, maar dis so duur met lugpos - en so onseker met gewone pos - dat ek die gedagte uiteindelik halfhartig laat vaar het.

Gelukkig verkoop die Spens in Amersfoort potjies en dis waar die ene toe vandaan kom. Het hom gister gou geprime en Saterdag wanneer die Suid-Afrikaners kom kuier, gaan ons potjie!

No comments:

Post a Comment