Sunday, March 25, 2012

Koppies en pierings



Komkommerloos

Vir Merlijn se band


Die eerste uitdunronde was gisteraand en gelukkig is hulle deur na die volgende ronde toe.

Sunday, March 18, 2012

The hillllllls are aliiiiiiiiiive

Volgende week Woensdag gaan ek en Laura daarheen! Kaartjies gekoop, musiek ingestudeer :) Nou wag ons in spanning en bewing om uit te vind in watter taal dit is :) Aan die ander hand, maak nie saak in water taal dit is nie, ons gaan luidrugtig in Engels blêr.

On track


Die fraaie travel mug het my in diep moeilikheid gehad. Dit was een van my vroeë oggende en ek was betyds klaar om nog 'n beker tee ook te maak voor ek by die huis uitgewarrel het. Ek en Laura het op die trem geklouter, ek is later by die stasie uit en in 'n trein in, het foto's geneem, tee gedrink en toe, net voor Leiden, besef ek my rugsak is weg.

Het ek dit op die trem vergeet?

Het ek dit tuis laat lê?

En toe kom 'n hele warboel vrae en dingetjes aan: Wat is alles daarin? Die antwoord daarop is 'n hele klomp belangrike en nogal private dinge. My gymklere en onderklere is die minste van my probleme. Maar daar is ook hangertjies, handskoene, my dagboek, my doktersvoorskrif, my gymrooster, doktersboekies vir beide my en Roderick, ens ens ens.

Die hele dag by die werk was ek tussen bekommerd en hoop, want ek het die oggend die beker in my hand gehad en as ek die tas van my rug sou afhaal, sou ek die beker vir Laura aangee, en dit het ek nie gedoen nie. Verder het ek mos iets in my hand gehad, so natuurlik sou ek my tas dan nie mis nie... Maar ek kon gewoon nie onthou nie.

Lekker verniet geworry natuurlik, want toe ek by die huis inloop, het ek amper getrip oor my tas, maar nou moet julle sien hoe kyk ek my tas stip aan wanneer ek by die voordeur uitloop.

The games people play now

Ou-ou game op 'n nuwe computer

Wanted