Sunday, April 26, 2009
Tuesday, April 21, 2009
Hulp
Rods gaan môre met sy werk gesels om te hoor wat die toekoms vir hom mag inhou. Daardie gesprek het ek vandag gehad. My werk sê prontuit dat hulle my tegnies nie regtig kan help nie, maar dat hulle hulle nou nie deur iets belangriks soos regeltjes sal laat keer om my in die land te hou nie. Dis dierbaar van hulle.
Ek het bo by personeelsake gaan inloer en Jeanet het my vertel dat sy nie veel kan nie, maar het Rods se werknommers geneem en belowe sy sal kontak met hulle opneem. Toe is my moed laag. Ek het vir Elsa so onemosioneel moontlik vertel, maar dit was moeilik. Toe gaan ek maar badkamer toe. Toe ek terugkom, is Elsa weg. Skoonveld. Ek gaan toe maar met my werk in die lab aan. Toe ek weer terugkom, het die veldbrand deur die gebou versprei. Elsa het met Carli gaan overleg. Carli het besluit hulle kan my nie verloor nie en het daar uit gestoomroller na Bert. Bert is glo heel kreatief met mense daar hou en hy is op na vloer sewe om vir Jeanet te gaan spreek. Van daar het die riemtelegram weer afwaarts gedaal - en terug op, en IND toe en ambassades toe en terug IND toe en weer vlak toe.
Intussen het ek maar gekalmeer en met my werk aangegaan. Met sulke mense aan jou kant, voel jy jy wil nog vir sommer baie baie jare vir hulle werk.
Sand kastele
Ongelooflik baie detail vir iets van sand
Kleintyd is mens al bewus van die gevare van lugkastele; die gevolge daarvan om jou aandag en energie te spandeer om daardie dinge te bou. Sandkastele is net so onbewoonbaar, omtrent net so onprakties en defnitief net so duur. Die tasbaarheid van die huise wat op sand gebou is mag hulle bestaan regverdig - en as hulle so mooi soos bg is, het hulle defnitief 'n plekkie in my son. En tog... tog verkies ek die lugkastele.
Monday, April 20, 2009
The day when dreaming ends
Rods het vandag gehoor dat sy kontrak nie hernu word nie. Ons werkspermitte verval einde April en myne is - soos ons lewens - aan syne gekoppel. Einde April is oor 10 dae. Vandag oor 10 dae. Ek weet nie wat van ons gaan raak nie. Ek weet nie wat die verblyfsimplikasies is nie. Maar ek weet ek mag nie by die LUMC werk sonder 'n werkspermit nie. En ek weet ek kry nie hulle weergawe van UIF as ek nie 'n jaar gewerk het nie (wat ek nie het nie). En ek weet dis nie hoe my drome uitgespeel het nie.
Saturday, April 18, 2009
Poems
Rods se ma en Tania kuier hierso by ons. Tussen al die tydskrifte en goodies wat saamgebring is, is 'n boek wat deur Rods se pa geskryf is oor hulle tyd in China. Ek moet dit nog lees, maar sal vir Rods kans gee om dit eerste onder oë te kry. In die boek is twee handgeskrewe gediggies. Die een is deur Lord Tennyson en die ander deur Thomas Hardy. Beide is oor verlies en dood. Lord Tennyson wil graag nog een keer sy true love se arms voel en wil net graag hê dat die siele van die wat ons liefgehad het ons kom vertel waar hulle deesdae is. Thomas Hardy s'n is hartverskeurend. Daar is die onderliggende woede wat pyn en verlies veroorsaak. Waarom is hy nie 'n leidraad gegee die aand voor sy vriend se dood dat dié die volgende dag net sal wegwees nie? Wegwees op n weg waar hy nie kon volg nie.
Ten spyte van die ongelooflike smart wat dood bring, voel ek steeds dis makliker om iemand aan die lewe as aan die dood af te staan. Want jy kan dieselfde mens oor en oor en oor en oor aan dieselfde lewe afstaan.
Ten spyte van die ongelooflike smart wat dood bring, voel ek steeds dis makliker om iemand aan die lewe as aan die dood af te staan. Want jy kan dieselfde mens oor en oor en oor en oor aan dieselfde lewe afstaan.
Subscribe to:
Posts (Atom)